Welkom: Lollos & Lettie Reënboogstories
Mon Apr 27, 17:30 - Mon Apr 27, 18:30
Laerskool Naudeville
ABOUT
Die Lollos span besoek WELKOM met hulle opwindende LOLLOS 11 vertoning, genaamd Lollos - JOU SLIM DING!"
MEER OOR DIE VERTONING:
Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Marli is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.
Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker tyd saam met jou gesin te spandeer. Jy mag dit nie mis nie!
KAARTJIES:
*Kaartjies is beskikbaar op Quicket teen R85pp. Jy kan 'n kontant deposito doen of met jou debietkaart, kredietkaart of EFT betaal via Quicket. Quicket kaartjies is beskikbaar tot 25 April 2020, daarna sal kaartjies kontant op die dag by die deur verkoop word teen R90pp.
*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos “brand” se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.
*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien u nie die vertoning kan bywoon nie, is u welkom om u kaartjie aan ander belangstellendes te verkoop.
KOMPETISIE:
Ons het ook 'n kompetisie waar jy 'n R150 Lollos Voucher kan wen. Om in aanraking te kom hiervoor moet jy die "event" soveel as moontlik met ander mammas & pappas met klein kinders in die area deel deur hul na die "event" te nooi, en hul ook te "tag" wanneer jy die "event" op Facebook deel. Probeer om ten minste 6mammas & pappas te tag. Ons sisteem stel ons in staat om rekord te hou hiervan. Dit kan gedoen word deur op "Save This Event" aan die regterkant van hierdie blad te kliek, en dan op die Facebook Ikoon.
Jy kom ook in aanraking vir die prys wanneer jy vir ons 'n epos stuur met 6 ander mammas/pappas in die area met klein kinders se kontak nr. Vir elke 6 verwysings kry jy 'n ekstra inskrywing. Eposse kan gestuur word na [email protected] of whatsapps na 065 298 3864.
WANNEER / WAAR:
Die vertoning sal plaasvind in WELKOM, MAANDAG, 27 April 2020 om 17:30 by Laerskool Naudeville se skoolsaal (2 Mostert Straat, Naudeville). Deure open 17:00.
SITPLEKKE:
Dit is ongereserveerde sitplekke. Daar is ‘n klein area oop voor die verhoog vir die kinders – hul wil gewoonlik spring en dans, en nie op ‘n stoel sit nie. U is welkom om ‘n kombersie saam te bring waarop hul kan sit. Ons pak egter ‘n paar stoele uit net agter hierdie area vir die volwassenes wat wel op stoele wil sit.
LOLLOS PRODUKTE:
Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees.
ANDER:
‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters. Daarna sal daar ‘n fotogeleentheid wees vir diegene wat fotos saam met Lollos en Lettie wil neem. Koste hiervoor is R50 per foto en nie per kind nie. Dit beteken dat meer as een kind op ‘n foto mag wees. Die fotos word ook by die vertoning uitgedruk sodat jul dit kan huis toe neem. Kinders kry op hierdie manier ook ‘n geleentheid om die karakters te ontmoet en ‘n drukkie te gee.
TERME:
Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:
*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers.
*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.
KINDERVERMAAK:
Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa
Volg ons op TWITTER en INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA
Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682
Sien julle daar!
WAT SÊ DIE LOLLOS SPAN?
LOLLOS - JOU SLIM DING! Dit is al die 11de jaar wat Lollos aan die gang is!
Hier is 'n paar vragies wat Lollos geantwoord het:
Lollos, is jy dan al elf? Of werk jare anders in Lallaland as op aarde? In Lalaland werk ons nie met jare nie, die lekker tye is baaaie lank en die hartseer tye is baie kort want die Foempies kom vee vinnig ons traantjies weg. Ek moes leer van dae, maande en jare toe ek eers op die aarde kom kuier het. Ek het sulke lekker liedjies geleer sing wat sommer vinnig vir my al die name van die dae, en al die maande van die jaar geleer het! Dit is veral lekker om dit saam met die maatjies te sing - dan leer hulle dit ook sommer dit in 'n japtrap saam!
Vir mense wat nog nooit van jou gehoor het nie, wie is jy? Ek en Lettie is Lalalanders. Ons kom van die planeet Lalaland af en kom kuier graag by ons aarde-maatjies omdat daar so baie wonderlike dinge is om te leer in julle wêreld. Die heel, heel lekkerste ding vir ons is om te kom sing en dans saam met al ons aarde maatjies en ons lekker vriende - Alta, Minki, Disco, Karla en Muisvriend!
Lettie, jy is Lollos se beste maat. Maar jy is ook 'n meisie in eie reg. Wil jy iets van jouself vertel? Oe la la! Ek het verskriklik baie om julle van myself te vertel! Ek is natuurlik Lalaland se Herwinkoningin, jy weet? Ek het 'n baie belangrike werk in Lalaland om seker te maak die Lalalanders pas hulle planeet mooi op deur hulle te leer van herwinning en hoe om hulle wêreld mooi skoon te hou! Ek is baie goed daarmee, hoor! En verder is ek 'n regte, egte ballerina! Ek is versot daarop om te kom dans hier by julle, ek het nou al die wonderlikste danspassies geleer en soos julle weet is ek ook 'n modeontwerper - jy kan gerus 'n spesiale Lettie-tutu vir jou kom koop by die konsert! Ek maak hulle self! Ag, ek is net so baie lief vir Lollos en vir die maatjies hier op aarde - om hier te kan kom kuier is vir my feno-mino-mino-minaal!
Is dit nie baie warm om so baie te dans nie? Wat is die lekkerste en die minste lekker van al die dansvertonings? Ag, dit maak nie saak om so bietjie warm te kry nie - om te dans is dan soveel pret! Die lekkerste is om te sien hoe gelukkig ons maatjies is as hulle kan saamdans en die slegste is dat die konsert nie vir ewig kan aanhou nie!
Watter liedjies is vir jou die heel lekkerste? “Die kiem”, “Die paddakonsert”, “Bons dat die gons”, “Hoe maak die krokodil?”, “Spring op”, “Ek wil dans”, “Die disco jive” … en daar is nog so baie ... Ek weet nie watter een om te kies nie! Al ons heel lekkerste liedjies is daar!
Is julle opgewonde vir die vertoning? Ja, verskriklik! Ons kan nie wag om saam met die maats lyfies te skud en te kuier nie! Ons hoop om hulle almal daar te sien.
WIE IS KINDERVERMAAK SUID-AFRIKA?
Volg gerus ons facebook blad: https://www.facebook.com/kindervermaaksa/