Ramey Short

Sat Aug 1, 19:00 - Mon Aug 3, 23:59

Event is online

ABOUT

‘n Nuwe horison wink vir RAMEY SHORT


Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer aka “Die Quintonator” in die daaglikse drama BINNELANDERS, se nuutste projek gaan aanhangers van die akteur se voete behoorlik laat jeuk van plesier – asook hul harte raak.


Short het die begin van die jaar sy debuut solo-album #KannieBreek aan die wereld bekend gestel en sy album het net voor die Covid19 lockdown tot #8 op Musica se landwye charts gedraai.


Ten opsigte van Ramey Short se heel eerste aanlyn konsert, se hy dat woorde nie kan beskryf hoe hy voel nie. Om saam met n span soos @Warehouse21Studios te werk is ongelooflik asook wie sal kan droom om met jou heel eerste vertoning te kan se dat bekende sangers soos RAY DYLAN, LIEZEL PIETERS, JAKKIE LOUW asook SAMANTHA LEONARD (THE VOICE) saam met hom wil optree. Daar is een ander sanger wat ook baie graag wou deel vorm van sy konsert maar as gevolg van Covid19 maak dit dit nie moontlik nie, maar julle sal maar die konsert moet sien en beleef om te verstaan wat Short bedoel.


Die produksie kwaliteit gaan “next level” wees asook “iets wat min independent sangers asook bekende sangers aan mekaar kan sit” Baie beplanning het hierin gegaan asook tyd.Nou moet julle net wag en bespreek vir die vertoning wat die 1ste Augustus gaan plaasvind.Dit gaan julle verbaas.


Vir verdere navrae oor Ramey Short en sy album kan julle ook sy sosiale media dophou of hom email :

Facebook blad : www.facebook.com/rameyshort.actor

Instagram : www.instagram.com/rameyshort

Twitter : www.twitter.com/rameyshort

Epos : [email protected]