Mommy Mingle SA

Mon Aug 10, 19:30 - Mon Aug 10, 21:00

Event is online

ABOUT

Mommy Mingle SA is 'n spesiale saam-kuier geleentheid, aangebied deur vroue vir vroue.

Ons nooi graag ALLE vroue (jonk en ouer) uit om saam met ons in hierdie verrykende aanlyn-aanbieding te deel.

Die geleentheid vind op die publieke vakansiedag, 10 Augustus, plaas en tesame met vroue reg oor SA gaan ons VROU-WEES vier!


Wat Om Te Verwag

Ons gaan ons harte deel en saam leer. Ons gaan opnuut weer herinner word hoe ontsaglik waardevol ons as vroue is - dat jy nie alleen is wanneer jy soms in jouself en jou gawes twyfel nie (ons almal voel soms minderwaardig...veral as ons na ander se prag-foto's op sosiale media kyk), dat ons met 'n spesifieke lewensdoel geskape is, dat wie ons is al klaar goed genoeg is, en ons gaan leer hoe om die goud wat reeds binne ons elkeen is, te ontdek en ontgun.


Meer Oor Die Sprekers

Lauren Jacobs is a multi-award winning author, whose books examine the lives of forgotten women in history. As a social justice journalist, Lauren has used her work to actively raise awareness on global issues affecting the lives of women and the girl child in developing nations. Her work has uncovered the ongoing realities of female ritual servitude, gendercide, gender-based violence, as well as gender inequalities in theology. Lauren has been a TED talk speaker and due to public interest, has been interviewed by dozens of radio stations and magazines. In 2016, Bella Magazine named Lauren "South Africa's very own Wonder Woman". She's an ordained pastor and hosts her own talk show on Radio Cape Pulpit. We are honoured to have her as a guest speaker for Mommy Mingle SA, and look forward to being enlightened by her talk and workshop-session, "There's a Heroine in your Story" / "Daar's 'n Heldin in jou Storie."

Riani van Aardt is 'n vrou vir haar man en mamma van twee laerskool-kinders. In 2005 het sy haar graad in B.Kommunikasiepatologie met Spraakterapie en Oudiologie by Tuks voltooi. Na 'n jaar van gemeenskapsdiens in Kimberley, het sy na Johannesburg teruggekeer. In 2008 het sy haar eie Spraakterapie praktyk begin en in 2014 het hul gesin 'n nuwe avontuur in George begin. Dit was hier waar sy haar passie vir mense en klere herontdek het! In 2019 het sy haar Voorkomskonsultant opleiding deur SA Image onder leiding van Alette-Johanni Winckler voltooi. Deur middel van haar besigheid, Bloom Image Consultants, kan sy haar passie hartlik uitleef: om mense (spesifiek vroue) te help om hulle "divine design" en lewensdoel te ontdek.


Mommy Mingle SA word deur drs Alyssa Loftus & Nické Theron aangebied.

Dr Alyssa Loftus het haar MBChB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 2011 verwerf en is tans 'n algemene praktisyn in George, Wes-Kaap. Sy is getroud en is 'n mamma van twee jong seuntjies. Sy was nog áltyd passievol oor vroue en als wat daarmee saamgaan: vrou-wees, mamma-wees, ouma-wees (eendag!), vriendin-wees, kreatief-wees, sag-maar-ook-sterk-wees... Vrouegesondheid, asook die versorging van die mens as geheel, is vir haar belangrik. Deur te skryf as Medicine Mommy op haar aanlyn 'blog', maak sy sin van die mallemeule van die lewe, en hoop ook om deur haar eerlike skrywe ander vroue te bemoedig. Sy het ook 'n groot belangstelling in en passie vir die bevordering en bemarking van veral (vroue-gedrewe) plaaslike besighede. Haar hart is dat vroue hul "niche" sal vind, hul drome en kreatiewe passies kan uitleef en dat vroue mekaar kan ondersteun en aanspoor om dit te doen!

Dr Nické Theron het in 2009 haar MBChB-graad Cum Laude by die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Nadat sy haar internskap en gemeenskapsdiens voltooi het, het sy haar kleintyd-droom vervul deur Pediatrie te spesialiseer. In 2016 het sy haar MMed (Pediatrie) by die UFS en haar FC (Pediatrie) by die Colleges of Medicine verwerf. Tans is sy 'n vrou vir haar man en ma van twee woelwaters. Deur haar aanlyn 'blog', Pediatrics & Playdough, deel sy haar kennis en ondervinding met gesinne reg oor die wêreld.


'n Paar Praktiese Punte

  • Bring jou koppie koffie (of drankie van keuse), want ons gaan beslis 'n glasie klink!
  • Onthou asseblief 'n pen en papier/jou dagboek om notas te maak.
  • Taal-voorkeur: Daar gaan in Afrikaans en Engels gesels word. Let wel: Ons hoofspreker, Lauren Jacobs, se praatjie en werkswinkel is in Engels.
  • Ouderdomsbeperking: Jou tiener-dogter kan gerus saam-kuier. Sensitiewe onderwerpe gaan NIE bespreek word nie - hierdie is 'n "goed-voel" en "self-waarderings" geleentheid.
  • BONUS: Almal wat bywoon gaan verskeie afslag-bewyse (geborg deur vroue-gedrewe besighede) per e-pos ontvang EN daar is ook 'n gelukkige trekking wat na afloop van die geleentheid sal plaasvind. Gaan loer gerus op Facebook en Instagram vir meer inligting oor ons wonderlike borge.)