Digitale Learning Community 9 September 2021 | Nie die duiwel se tyd nie, maar die Here S’n: dink reg en leef reg in die eindtyd
Thu Sep 9, 10:00 - Thu Sep 9, 12:30
Aanlyn
ABOUT
Ekerk bied graag 'n volgende Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe op Donderdag 9 September 2021.
Ons tema die oggend is "Nie die duiwel se tyd nie, maar die Here S’n: dink reg en leef reg in die eindtyd"
Jy word uitgenooi na hierdie Digitale Learning Community toe die 9de September 2021 van 10:00 - 12:30.
Jana Marx, in-diepte verslaggewer by Media24 en skrywer van Afspraak met moord, is een van ons sprekers vir hierdie geleentheid. Sy is te sien in die Showmax reeks, Devilsdorp, waar sy as verslaggewer die verhaal vertel van die Krugersdorp kultusmoorde. Tydens hierdie Digitale Learning Community deel sy met ons haar ervaring as teoloog en verslaggewer tydens die maak van Devilsdorp.
So gaan prof Marius Nel en prof Stephan Joubert vir ons 'n Nuwe Testament perspektief gee oor die eindtyd.
Ds Jampie Nel en Dr Pierre Engelbrecht gaan ook tydens die geleentheid refleksies gee oor hoe ons as gelowiges hoop kan vind vanuit die Bybel in die tye waarin ons tans onsself vind.
Tema: Nie die duiwel se tyd nie, maar die Here S’n: dink reg en leef reg in die eindtyd.
Plek: Regstreeks deur middel van video
Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*
Tyd: 10:00 – 12:30
Datum: 9 September 2021
Koste: gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 9 September 2021 om 07:00.
Sprekers vir die oggend:
- Jana Marx (in-diepte verslaggewer by Media24 en skrywer van die Afspraak met moord). Jana het in 2013 ’n graad in teologie behaal en tussendeur kerkverwante nuus op ’n vryskutgrondslag geskryf. Ná haar studies werk sy as handelsmerkredakteur by Finesse-tydskrif. In 2015 word sy aangestel as nuusverslaggewer by Netwerk24. Sy fokus veral op kerkverwante nuus en hofsake. Sy berig oor die Krugersdorp-moordsaak sedert dit in Mei 2018 in die hooggeregshof in Johannesburg begin het en doen direk verslag uit die hof vir Netwerk24, asook die Afrikaanse koerante Beeld, Die Burger en Volksblad.
- Prof Marius Nel (Nuwe Testament Departementshoof by Stellenbosch Universiteit)
- Prof Stephan Joubert (teoloog, skrywer en prediker, ekerk)
- Ds Jampie Nel (leraar by NG Kerk Oostersee)
- Dr Pierre Engelbrecht (operasionele hoof by ekerk)
Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy geregistreer het en indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word.
* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie