Koos Kombuis
Sat Mar 26, 18:00 - Sat Mar 26, 21:30
cafe Roux, Noordhoek
ABOUT
Arrive from 6pm for dinner. Music at 7:30pm
Tickets R150
Please adhere to COVID protocols
Koos Kombuis (gebore André le Roux du Toit, November 5, 1954) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant en skrywer. Hy verwerf bekendheid as deel van ‘n groep anti-establishment Afrikaanse musikante wat in die laat 1980’s die kampustoer “Voëlvry” aanpak. Koos Kombuis het sedertdien die status van legende in Afrikaanse kultuurkringe bereik. Uit sy pen het twee outobiografiese boeke, verskeie romans, digbundels en rubriekbundels en ‘n jeugroman verskyn en hy word beskou as een van die beste liriekskrywers in Afrikaans met meer as 10 CD’s op sy kerfstok. Sy musiekstyl is rou en eerlik. Hy tree meestal solo op en begelei homself op kitaar.