André Schwartz
Fri Jun 24, 19:30 - Fri Jun 24, 21:00
Centurion Theatre
ABOUT
Hy slaan asems weg met sy besonderse stem en is die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die Andrew Lloyd
Webber stempel van goedkeuring dra, maar die pop-genre is waar hy nou fokus en hy geniet elke oomblik!
Teater was nog altyd een van sy grootste liefdes en hy kombineer storievertel en sy grootste treffers in sy nuwe
teaterproduksie. Gehore kom geniet André Schwartz ‘up close and personal’ en beleef oomblikke van
nostalgie met gunstelinge soos Lief Vir Alles Hier, Ek Wil Jou Nooit Weer Sien en natuurlik van sy nuutste musiek ook.
Sy verhoogpersoonlikheid is aangrypend en hy is lief daarvoor om met die gehoor te kuier en by sy vertoning te
betrek.
Gebore vir die verhoog het hy bekendheid verwerf vir kragtige hoofvertolkings in verskeie musiekblyspele soos
Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en Phantom of the
Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word beskou as een van die beste ‘Phantoms’ ter
wêreld