Paul Roos Toneelaande: Skrum & Tienertoneel

Fri Jul 29, 18:00 - Fri Jul 29, 21:00

Japie Krige Saal

ABOUT

PRG Drama is trots om twee produksies in 2022 op die planke te bring. Paul Roos se toneelspelers sien uit om met “Skrum” en “Tienertoneel” aan die Fraserburg Logan Toneelfees (4 Augustus), Montagu Nasionale Jeugkunstefees (10 Augustus), Hoërskool Durbanville Skoletoneelfees (12 Augustus) en die ATKV-Tienertoneelfees deel te neem.Die Paul Roos gemeenskap word uitgenooi om PRG se toneelspelers te ondersteun wanneer hulle “Skrum” en “Tienertoneel” vir die eerste keer opvoer. Dié twee toneelstukke word op Donderdagaand 28 Julie en Vrydagaand 29 Julie in die Japie Krige Saal opgevoer. Beide werke word elke aand opgevoer en dien as voorbereiding vir hul deelname aan die tienertoneelkompetisies. 


Volwassenes word uitgenooi om “Skrum” en “Tienertoneel” op Vrydagaand, 29 Julie, te kom beleef.

Kaartjies: R50 per volwassene.

Sjerrie, sop en brood is beskikbaar by die geleentheid.

Deure open 18:00.

Die vertoning begin 18:30.

 

Omskrywings:

 

Skrum


Dramaturg: Esther von Waltsleben (Verwerk deur Brink Nelson)

Regisseur: Brink Nelson

 

“640kg bots teen 640kg soos ’n reusagtige spinnekop wat met homself baklei. Die skrumskakel plaas die bal onder die maag van die gedierte en soos voelers wat kriewel, begin voete na die bal haak. Ek is die flank – reg om uit te sprei, aan te stuur en as die bal aan die opposisie se kant uitkom, te storm en my mededinger plat te trek met elke krieseltjie krag wat ek in my lyf het…”

 

Die kronkelpad wat ’n tienerseun tot die grootmenswêreld bewandel is dikwels vol slaggate, struikelblokke en slagysters. Die vraag is egter: is hy mans genoeg om sy eie weg te baan of gaan hy hom vasskrum in dit wat die wêreld van hom verwag?

 

 

Tienertoneel


Dramaturg:

Regisseur:


Karel Potgieter het sonder toestemming sy eie dramaklub begin in die hoop dat hy ‘n groot poel van leerders sal hê wat belangstel, maar twee leerders sal moet doen. 


Hoe op dees aarde wil Karel ‘n wenproduksie op die ATKV Tienertoneel verhoog sit wanneer hy nie eers sy akteurs in dieselfde vertrek kan kry nie of ‘n teks het nie?



With thanks to Atterbury Property and X-Chequer Fund Management.

#atterburyproperty #xchequerfundmanagement

#itsamatterofassiociation #successthroughconsistency








 

DIRECTIONS

Paul Roos Toneelaande: Skrum & Tienertoneel
Japie Krige Saal
Suidwal Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Get Directions