No under 18s

Jannie du Toit - Doep is nie dood nie : 15 Desember : Blohmhuis Teater, Strand

Thu Dec 15, 18:00 - Thu Dec 15, 22:00

Blohmhuis Teater

ABOUT

Kom deel 'n intieme vertoning saam met Jannie du Toit die 15de Desember.


Deure open 18h00

Vertoning begin 20h00


Adres: 36 Michau Street, Stand, Cape Town


Enige verdere navrae, kontak Mari op 0718722713


Jannie du Toit sing Koos du Plessis

Alle liedere: Koos du Plessis (10 Mei 1945 – 15 Januarie 1984)

Tjello: Susan Mouton

Klavier en akkordeon: Chanie Jonker

Musiekregie en verwerkings: Clinton Zerf, Christa Steyn, Jannie du Toit

Samestelling en regie: Jannie du Toit en Carl Theunissen


DOEP IS NIE DOOD NIE, die program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as 38 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly - hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.


As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin. Hy het nie tot ’n “boekrak” beperk gebly nie maar sy geskrifte, liedjies en tuisopnames het uitgekring na CD’s, DVD’s, boeke, sangbundels en veel meer. Dit word gesing by braaivleise, konserte, kunstefeeste en kerkdienste. Koos du Plessis leef in sy musiek – in sy ryk nalatenskap.