Tankwa Drome 2023
Fri Mar 3, 13:00 - Sun Mar 5, 13:00
Place of Dreams (Pod)
ABOUT
3-5 Maart 2023 Tankwa Drome
‘n Opelug Boetiek Musiek- en Leefstylnaweek in die hartjie van die Tankwa Karoo
Kom beleef die tweede seisoen van Tankwa Drome. 'n Feesviering van Afrikaanse kunstenaars en musiek in die hartjie van die Tankwa Karoo.
Bied Aan:
Appel
Elandré
Refentse
Dassie
Aangebied deur Place of Dreams (POD)
Place of Dreams (POD) is geleë op 3 700 hektaar ongerepte wildernis, in die hart van die Tankwa Karoo.
Tankwa Drome word hier in die POD berg-kloof aangebied, wat oor ‘n miljoen jaar oud is. Hierdie unieke opelug amfiteater bevat 'n groot natuurlike klipdam, ‘n waterval, 'n klipkroeg en 'n klipdansvloer.
Pak jou vellies, jou blikbeker en ‘n koelboks en kom geniet hierdie besonderse Afrikaanse musiekvertoning onder die karoo sterre.
(POD is ongeveer 50 minute vanaf Ceres op die R356, Sutherland pad. Die afstand vanaf Kaapstad is 240 km. Besoek gerus die webwerf https://placeofdreams.co.za/ asook ons Instagram https://instagram.com/tankwa_drome?igshid=YmMyMTA2M2Y= vir meer inligting)
Program:
Vrydag, 3 Maart 2023
21:00 | Appel en sy orkes Live by die “Party bus”.
Saterdag 4 Maart 2023
12:30 | Makietie om die dam (by die POD “infinity” dam)
14:30 - 15:30 | Yskoue cocktails, ‘n oneindige uitsig en Refentse live by die “infinity Dam” . Onthou jou lilo en swemklere.
20:30 - 21:45 | Elandré live in Canyon.
22:00 - Laat | Danspartytjie by die Party Bus.
Kunstenaars
Appel
Hierdie befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die
Afrikaanse musiekgeskiedenis. Ons kan nie wag om hierdie ervaring met jou te deel nie
Elandré
Met uitverkoopte toere, skouspelagtige optredes en kragtige musiekvideo’s het Elandré in ’n kort tyd sy plek verdien as een van Afrikaans se gunstelinge.
Refentse
Hierdie SAMA-Topverkoper het laasjaar behoorlik die dak gelig. Hy is hierdie keer terug met sy volle orkes om sy vertoning ‘n stappie verder te neem.
Dassie
Ons bied elke jaar die geleentheid vir ‘n jong kunstenaar om bloodstelling te kry op die selfde vlak as ons groot trekpleisters. Met ons Tankwa Drome 2022 het ons vir Jacob Swan gehad en sowaar ‘n paar maande later was hy deur Coleske Artists geteken as ‘n liedjie skrywer vir hierdie reus van ‘n platemaatskapy en ook sy treffer ‘Lief” saamet Karlien van Jaarsveld opgeneem. Hierdie jaar bied ons die geleentheid aan Dassie. Hierdie kunstenaar is van Swelendam, 22 jaar oud en het ‘n stem op hom wat vir niks terugstaan nie. Ons is net so opgewonde oor sy optrede soos wat ons vir sy toekoms is.
Kamp Pakette (Early Bird Uitverkoop)
Neem asb kennis dat jy ‘n voertuig pas sal benodig vir ‘n daktent, karavaan, RV en trailer. Kyk gerus uit vir “Vehichle pass” opsie wat in rooi op ons kaart gemerk is.
Liefling: R1 600 Per Persoon
- “Bring your own” opsie 1 by POD 2
Ingesluit:
· 1 x Feesganger kaartjie
· Kampeer plek by POD2
· Volle ablusie fasilliteite
· Toegang tot ‘n gemeenskaplike bedoin tent.
Uitgesluit:
· Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
· “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig.
Lisa Se Klavier: R2100 Per Persoon
- “Bring your own” opsie 2 by POD 1 (nader aan die hoof venue as POD2)
Ingesluit:
· 1 x Feesganger kaartjie
· Kampeer plek by POD1
· Volle ablusie fasilliteite
· Gemeenskaplike bedoin tent
Uitgesluit:
· Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
· “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig.
Baby Ek Bly: R3000 Per person wat deel
Semi-“glamping” opsie
*Enkele aanvullings is bekikbaar vir “Baby ek Bly”. Kontak ons gerus (Gerry 0832757019-Whatsapp) vir 'n enkele aanvulling kaartjie.
Ingesluit:
· 2 x Feesganger-kaartjies
· 1 x Koepel tent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
· Matrasse
· gemeenskaplike elektrisiteits punt
Uitgesluit:
- Geen beddegoed of handoeke
Die Reisiger: R4200 Per person wat deel
Voluit-“glamping” opsie - Bring die gemak van jou eie tuiste na die karoo
Ingesluit:
· 2 x Feesganger-kaartjies
· 1 x luukse koepel tent (slaap 2)
· 1 x dubbel bed met ‘n matras OF twee x enkel beddens met matrasse
· Kombers, laken en kussing
· Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte.
· Toegang tot gemeenskaplike geriewe: yskas, etenstafel, twee kampstoele per tent.
Spyseniering
· ‘n kontant kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete asook aandete.
· Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring. POD1 het ‘n volle toegeruste kombuis vir diegene wat sal verkies om hulle eie maaltye te voorsien.
· POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)
Besprekings en algemene navrae, kontak ons gerus:
- Avril: 082 738 6102
- Gerry: 0832757019
- E-pos: [email protected]