FREE OPTIONS

Bakens van hoop - Huwelike wat lig dra in 'n donker wêreld

Sun Sep 18, 18:00 - Mon Sep 19, 19:15

George-Bergsig Gemeente

ABOUT

Rudolph en Sanet Grobler bied hierdie huweliksreeks aan by George-Bergsig gemeente Sondag die 18de en Maandag die 19de September om 18:00.

Kom leer saam hoe jy die donker plekke in jou huwelik kan oorwin en saam met jou huweliksmaat 'n baken van lig kan wees vir die wêreld.



  • Koffie word vanaf 17:30 bedien.
  • Toegang is gratis.
  • 'n Kinderoppasdiens is gratis beskikbaar op bespreking.
  • Enkelporsie pizzas (18cm x 12cm met ham en kaas en tamatiebasis) is beskikbaar op bespreking teen R20 elk.


Sondag 18 September 18:00-19:15

Sessie 1: Bring dit aan die lig (Rudolph Grobler)

Sessie 2: Emosionele intelligensie - om myself met nuwe insig te sien (Sanet Grobler)


Maandag 19 September 18:00-19:15

Sessie 3: Kwesbaarheid trek die gordyne oop (Rudolph Grobler)

Sessie 4: Emosionele intelligensie - om mekaar met nuwe deernis te sien (Sanet Grobler)


Moenie die geleentheid mis om nuwe visie vir jou huwelik te kry nie. Verloofdes is natuurlik ook baie welkom.