Tweespoor
Mon Oct 3, 19:30 - Tue Oct 4, 13:00
The Theatre Linden
ABOUT
Twee vroulike tydgenote, twee tydgleuwe, twee aktrises, een verhoog. Tussen oënskynlik mooi herinneringe aan haar plattelandse kindertyd, worstel Tilla met woorde en gebeure wat op die rand van haar rede vassteek, steeds onverwerk. Fransina is middeljarig, wit, en o, behoede haar, Afrikaans. Sy wil graag, soos haar polities-korrek en welaangepaste susters, insmelt en saam met die reënboognasie vorentoe. Maar sy sukkel. Wanneer sy ? slagoffer van misdaad word, maak die wêreld nog minder sin, totdat sy gaan sterre kyk.
Tweespoor waag ? intieme blik op die soort traumatiese gebeure wat vroue se perspektief kan omkeer en hul drome herskryf. Tweespoor is in 2020 vir vier Woordtrofees benoem en Nicole Holm het die toekenning vir Beste Vroulike Speler verower.
Met Nicole Holm en Inge Crafford-Lazarus
Regisseur: Juanita Swanepoel
Skrywer: Helena Gunter
Stel- en beligtingsontwerp: Stefan Benadé
Klankbaan: Pierre-Arnold Theron
Tegniese versorging: John Swart
Rekwisiete en dekor bestuur: Anneke Fourie
Tweespoor is moontlik gemaak deur die Toyota US Woordfees en ondersteun deur NATi.
Tydsduur: 120 minute
Ouderdomsbeperking: Geen o/16