C2M presents: Nature, Pilgrimage & Mental Health with Erns Grundling & Lindie Stander

Tue Oct 25, 18:00 - Tue Oct 25, 21:00

Suite, Markötter Sports Complex

ABOUT

Nature, Pilgrimage & Mental Health with Erns Gründling & Lindie Stander.

Presented by Paul Roos Gymnasium and C2M Chartered Accountants


Book Promo & Talk


Date: Tuesday, 25 October 2022

Time: 18:00-21:00

Venue: Suite, Markötter Sports Complex, Stellenbosch

Tickets: R165 (includes complimentary glass of wine & light snack)

Cashless Bar (card facilities) available


Beide Erns Grundling en Lindie Stander is huishoudelike name binne die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.


Weens 'n lewensveranderende stapervaring in Spanje, is die joernalis en skrywer Erns Grundling gereeld op die kassie. Sy tyd langs die Camino het nie net gelei tot die publikasie van sy boek 'Elders' nie, maar die suksesvolle TV-reeks 'Elders' op kykNET, wat reeds vyf seisoene uitgesaai het. Erns begelei ook gereeld staptogte waar hy diegene met 'n hunkering na die langpad bekendstel aan die wonder van pelgrimstogte. Hy woon in Brooklyn, Kaapstad met sy vrou, Catharien, en twee honde.



Lindie Stander is ‘n ervare aktrise, veral bekend vir haar rol as die pittige Elise in Kyknet se Binnelanders. Sy het haarself ná vele lewensuitdagings tuis gemaak in Langebaan, waar sy tans ‘n pos as hoof van drama by Long Acres Privaatskool beklee. Kykers sien haar egter nog elke nou en dan nog in ‘Binneland’ se gange wanneer sy Johannesburg toe reis vir televisiewerk. Sy en haar lewensmaat Santjie woon in ‘n kothuis op ‘n plot saam met haar drie hondekinders en ‘n vet kat. In 2022 kon Lindie se aanhangers haar daagliks volg wyl sy die die rowwe terrein van Turkye se Lycean Way vrou-alleen aangedurf het. Buiten die suksesvolle aanpak van dié groot stapuitdaging, is 2022 'n betekenisvolle jaar vir Lindie - met die bekendstelling van haar boek "Agter my glimlag".



Stellenbosch sielkundige Louis Awerbuck gesels met Erns en Lindie oor natuur, pelgrimstogte en geestelike gesondheid. Kom kuier en gesels saam.




Boeke beskikbaar by die geleentheid.



Navrae: [email protected]



Made possible by C2M Chartered Accountants




As part of our contribution to Garden Town Stellenbosch

Also see AFGRI Stellenbosch Spring Fair (22 October 22)

With thanks to our headline sponsor AFGRI.

DIRECTIONS

C2M presents: Nature, Pilgrimage & Mental Health with Erns Grundling & Lindie Stander
Suite, Markötter Sports Complex
Koch Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Get Directions