Humansdorp Plaasfees 2023
Fri Mar 10, 16:00 - Sat Mar 11, 22:00
The Burns Farm
ABOUT
Humansdorp Plaasfees is die plek om te wees op Vrydag 10 Maart en Saterdag 11 Maart 2023. Of jy lus het vir stalletjies, musiek, 'n 5 Km "Farm Fun Run", 'n uur "Fitfest" oefensessie of selfs ietsie vir die dors - wyn; Gin-en-ys of 'n Jack Black craft bier en braaivleis met roosterkoek....jy moet beslis 'n draai maak by die groot gebeurtenis!
Ons spog met top kunstenaars wat besoekers gaan vermaak en hope lekker doen-dinge vir die hele gesin.
Julle het gevra en ons het geluister!
Kyk wie kom kuier by ons.
Volledige program met tye sal nog volg.
VRYDAG
HERMAN KLEINHANS
SPOEGWOLF
SATERDAG
KIRKY VAN KIRKWOOD
RICUS NEL
RIAAN BENADE
STEVE HOFMEYR
Nog kunstenaars wat saam met ons kuier deur die verloop van die naweek is
LLevado
Boeremusiek - Vieroutjies
Big Man and Bear
Devon Wade
Surf Boertjie
Johan (Loslappie) & Juan
Karla & Kobus
Gertjie AKA Gerrit de Jager van Luister FM is ons MC vir die prettige naweek en beloof om iets te wees vir die boeke.
Maak gebruik van ons "early bird"- aanbod waar die naweekkaartjies 'n raps goedkoper is. Dit stel jou in staat om sommer die hele naweek saam te kuier en skoffel.
KINDERS 0 TOT 5 GRATIS
NEEM ASB KENNIS:
GEEN WAPENS
GEEN COOLERBOXES
GEEN KOS OF DRANK WORD TOEGELAAT NIE
TROETELDIERE MOET AAN LEIBANDE VERGESEL WORD
PAK ASB U "POOP SCOOP" IN INDIEN U WOEFKIND SAAM KOM KUIER