Mandjie Dans - Val In Die Tuin Styl

Fri Feb 24, 19:00 - Fri Feb 24, 23:45

The Woods Venue

ABOUT

Ons vat dit terug na die "Goeie Ou Dae"


Ek onthou toe ek klein was, hoe my ma en pa gedans en gekuier het terwyl ek buite baljaar! 

Wanneer ek uiteindelik moeg begin word, het ek stilletjies, skrefie-ogies na hulle gekyk en kon hul liefde vir mekaar sien straal! Dan het ek sommer in 'n bondeltjie onder die tafel aan die slaap geraak! Moeg maar gelukkig! 


Dit is hierdie gelukkige herrinnering wat ons laat besluit het om "Mandjie Dans" te begin.


Teken dit sommer nou al aan in die familie jaar beplanner - laaste Vrydag van elke maand. Elke maand sal die venue en tema verander. So maak seker dat jy DOT Linde Events se Facebook of Instagram bladsy dophou.


En so skop ons die eerste dans af!


Tema: Val In Die Tuin Styl

Koste: R120 pp

Venue: The Woods, Humansdorp


**Bring jou mandjie vol lekker happies en koop vir jou 'n drankie by die kontant kroeg. Of bring jou spesiale drankie teen 'n R50 kurk fooi. 


Jonk en oud, single of getroud - ALMAL IS WELKOM!

DIRECTIONS

Mandjie Dans - Val In Die Tuin Styl
The Woods Venue
Oppiekoppie Farm Warehouse, Humansdorp, 6300
Get Directions