Die Wyn Show: Legendaries Afrikaans! (Die Kelder @ Centurion Teater)
Wed Mar 22, 19:00 - Thu Mar 23, 22:30
Die Kelder @ Centurion Teater
ABOUT

TEMA: LEGENDARIES AFRIKAANS!
Die populêre TREFFER-geleentheid! Bespreek betyds! Kaartjies verkoop gou weens besonderse aavraag! Beperkte plekke beskikbaar.
Bookings at: https://qkt.io/wynshowafrikaans
Die Wyn Show vervoer ons hiérdie keer nie te vêr nie! Die liedjies waarmee ons almal grootgeword het en wat steeds deelmaak van ons daaglikse Suid-Afrikaner lewe, die liedjies van ons land se beste – LEGENDARIE AFRIKAANS meestervol gesing deur die uber talentvolle STEFFIE LE ROUX!
Suid-Afrikaanse wyne en vonkelwyne, traditionele en moderne Suid-Afrikaanse disse en die legendatiese liedjies van Laurika Rauch, Koos du Plessis, Jannie du Toit, Christa Steyn, Sonja Heroldt, Theuns Jordaan, Johannes Kerkorrel en meer en meer en meer!
Wyn, Kos en Vermaak! Ons sê JA! Al ons geliefde gaste by die vorige UITVERKOOPTE geleenthede sê dieselfde! Veral na ons vorige treffer op Valentyns.
DIE WYN SHOW is ‘n treffer-geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns met ‘n tema. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ligte vier-gereg ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?
As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.
Kaartjies: R300.00 pp (Insluitend Wynproe, Ligte Ete en Vermaak)
Datum: Donderdag, 23 Maart 2023
Tema: Legendaries Afrikaans
Tyd: 19h00 vir 19h30
Plek: Die Kelder @ Centurion Teater
Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.
Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.
Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.
Geen onder 18’s.