Kultuurfees 2023 Gala-aand
Fri May 12, 20:00 - Fri May 12, 22:00
Paarl Gimnasium
ABOUT
Kom geniet 'n kultuuraand by Gim met 'n glasie wyn en versnaperings.
Ons Gimmies neem jou op ‘n kultuurreis deur ons skool waar jy iets van elke genre sal beleef. Daar sal vier stasies wees. Die plekaanwysers sal presies aandui wanneer om waarheen te beweeg.
1. Voorportaal: Vers en Melodie
2. Teater: Eier en Wagkamer (ATKV Tienertoneel produksies)
3. Amfi: Instrumentaliste
4. Ateljee: Sêr (Sangroep en sangers)
Groep word tussen Amfi en Ateljee halveer om na beide vertonings weer om te ruil.
Kom geniet ‘n wonderlike aand van kultuur!
*Let op na adminfooi wat Quicket vereis wanneer jy die kaartjie koop.
*Die ouderdomsbeperking is 18.
#kultuurfees2023