Mel Botes : Anthology - Beste van Mel Botes

Wed Mar 29, 18:30 - Wed Mar 29, 23:00

Blohmhuis Teater

ABOUT

Mel Botes – Vêr verby die horison anderkant die melkweg

1966

“Die jaar van die vuurperd volgens die Sjinese horoskoop. In ysige weer, die blou maand van Mei, die Beatles en die Stones, Hendrix en Floyd en ook die jaar van my geboorte. Dit was seker maar die begin van die reis, selfs die einde van die tog. Een swefend salige genot. Die eerste aanhoor van die klanke in my kop!

1991 – David’s Confession – About time! 2001 - `n Reuse sprong terug in tyd. Ek bloei en blom met die vrystelling van my eerste Afrikaanse album ‘Oomblik van waansin’ as liedjieskrywer van die jaar maar hierdie voortstuwende reis is meer innerlik, soort van later, heelwat later. 2023 – My eerste simfonie begin skryf – tyd is min … “


Kom saam met Mel op ‘n musikale reis met die beste van sy oorspronklike engelse en afrikaanse werk saamgevat in ‘n spesiale vertoning wat die lig gesien het in 2018 – ANTHOLOGY -  Hy speel die gunstelinge van David’s Confession, Oomblik van Waansin, Dans in die Weerlik, Flight of Bird Cd’s (al is daar te veel).