Die Wyn Show: Country Style! (Die Kelder @ Centurion Teater)
Wed May 10, 19:00 - Thu May 11, 22:30
Die Kelder @ Centurion Teater
ABOUT

TEMA: Country Style!
Featuring:
HunTer Leite
and the music of
COUNTRY LEGENDS!
Die populêre TREFFER-geleentheid! Bespreek betyds! Kaartjies verkoop gou weens besonderse aavraag! Beperkte plekke beskikbaar.
Bookings at: https://qkt.io/wynshowcountrystyle
Kry jou Cowboy hoed en saal jou perd op! Die Wyn Show vervoer ons hiérdie keer na die suide van Amerika! LIVE musiek van die mees legendariese country sangers, 'n lekker 'southern' ete, WYN én whiskey proe! Hieee-Haaa! Hier gaan ons!
DIE WYN SHOW is ‘n treffer-geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns met ‘n tema. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ligte vier-gereg ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?
As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.
Kaartjies: R300.00 pp (Insluitend Wynproe, Ete en Vermaak)
Datums: Woensdag & Donderdag, 10 & 11 Mei 2023
Tema: Country Style
Tyd: 19h00 vir 19h30
Plek: Die Kelder @ Centurion Teater
Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.
Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.
Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.
Geen onder 18’s.