Iewers in die Grys (Centurion Teater)
Thu Jul 6, 19:30 - Thu Jul 6, 20:45
Die Centurion Teater
ABOUT
2023 KykNet Fiësta Toekennings WENNER vir Beste Nuutgeskepte Teks en Beste Opkomende Kunstenaar (Adriaan Havenga)
Ondersteun deur NaTi
Heather haat pouse. Want al is sy die uitbundige dux-leerder, is sy bruin. En dis 2003 in ’n wit, plattelandse skool. Dinge verander egter gou wanneer Gideon in die skool kom. Nie net het Heather nou iemand om pouses by te staan nie, maar ’n kameraad met ’n gemeenskaplike doel: om eendag ’n dokter te word. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? En wat gebeur as ons grootword en vergeet om na die sterre te kyk? Iewers in die grys stap weg met twee toekennings by die 2023 kykNET Fiëstas vir Beste Nuutgeskepte Teks en Beste Opkomende Kunstenaar.
Met René Cloete En Adriaan Havenga
Teks Adriaan Havengqa
Verhoogbestuur: Enrique De Villiers
Beligtingsontwerp: Helena Baard En Adriaan Havenga
Musiek: Enrique De Villiers En Adriaan Havenga
Choreografie: Helena Baard
Taal: Afr
Tydsduur: 70 Min
INK-resensie:
https://woordfees.co.za/toneel/iewers-in-die-grys/
NATi-profiel: