Heidi: Die geliefde verhaal met 'n moderne baadjie (Kinderteater @ Centurion Teater)
Fri Jul 14, 10:30 - Sat Jul 15, 11:30
Die Centurion Teater
ABOUT
KINDERTEATER!
Heidi se Avonture
Heidi se eerste bergvakansie
Terug op Populêre Aanvraag na uitverkoopte vertonings in Maart 2023
Gebasseer op die verhaal van Heidi deur Johanna Spyri
"Heidi! Heidi! Jou wêreld is in die berge! Dis jou tuiste en jou geluk!"
Bring die kleinspan om hierdie bekende en geliefde storie te beleef, dié keer met 'n nuwe baadjie. Heidi volg die avonture van 'n stadsmeisie wat by haar Oupa in die Drakensberge moet gaan kuier, maar met niks tot geen tegnologie waaraan sy gewoont is in Pretoria nie, moet Heidi gou-gou leer dat die natuur ook 'n plek is wat baie skatte inhou. Nuwe maatjies, lesse en avonture wag vir Heidi in die berge! Kom kuier saam!
Met 'n verhaal vol opwinding, verrassings, grappies, skouspel en die geliefde karakters, sal elke kind én grootmens hierdie produksie ten volle van begin tot einde geniet!
Aangebied deur die Scenario College Studentefonds (van treffer produksies soos Jan en die Boontjierank)
Teks, Regie en Ontwerp deur Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse
Onbespreekte sitplekke. Kinders sit op die mat en grootmaatjies kan op die stoele sit.