Laerskool Fontainebleau Kaalvoetfees
Sat Sep 9, 08:30 - Sat Sep 9, 22:00
Laerskool Fontainebleau - Rugbyveld
ABOUT
Dis weer tyd vir Laerskool Fontainebleau se jaarlikse Kaalvoetfees - dis 'n groot hoogtepunt vir die skool en gemeenskap!
Dit gaan 'n dag van feesviering, vermaak en hope pret wees.
Kom geniet die kaskarwedrenne vanaf 9:30, met kos- en speletjiestalletjies wat regdeur die dag sal oop wees. Daar is iets vir oud en jonk - boereworsrolle, heerlike koffie, pannekoek, mini donuts, chip a dip en vele meer.
Tradisionele kermisspeletjies soos skattejag, nargooi, 'hook a duck', kussinggeveg en 'spin a win' sal seker maak dat die jongspan deur die dag pret sal hê. Ons het ook 'n paar nuwe toevoegings tot die lys van speletjies wat gaan sorg vir groot vermaak.
Daar sal musiekvermaak deur die dag aangebied word, met optredes deur twee van Fonties se talentvolle onderwysers, die skool se eie 'flash mob', Hoërskool Linden se Battery, Die Pa's, Footsteps on the moon en vele meer.
Die groot hoogtepunt waaroor ons baie opgewonde is, is 'n optrede deur die bekende Karlien van Jaarsveld. Haar vertoning begin 17:00 en vir 'n uur lank gaan sy van haar grootste treffers sing. Bring jou kampstoel en piekniekkombers en geniet 'n uitsonderlike vertoning saam met familie en vriende.
Die Kaalvoetfees is oop vir almal - leerlinge, familie, vriende en die wyer gemeenskap.
Maak gereed vir hope pret vir oud en jonk en koop jou kaartjies betyds!
Kaartjiepryse is as volg:
D6: R150 per volwassene; R80 per kind bo 3 (gratis vir kinders onder 3)
Quicket: R160 per volwassene; R90 per kind bo 3 (gratis vir kinders onder 3)
Alle Fontie leerders gaan gratis in