No under 18s

PHILIP MOOLMAN : NEIL DIAMOND TRIBUTE

Fri Jul 14, 18:30 - Fri Jul 14, 23:00

Blohmhuis Teater

ABOUT

Akteur, sanger en liedjieskrywer Philip Moolman het bekend geword deur sy romantiese hoofolle in EGOLI, Die Prins Van Pretoria en Sonkring. Hy is ook mede-stigter van die gewilde Blou Hond teater-restaurant, waar top plaaslike kunstenaars weekliks optree.


Philip se “Neil Diamond Tribute” word hoog aangeskryf en is ‘n groot treffer - landwyd.

————————

Die vertoning verloop as volg: Philip se gewilde “Neil Diamond Tribute” in die 1ste helfte; en daarna: “Lekker Afrikaanse Liedjies” asook Engelse party-covers (Goue Oues) in die 2de helfte, na pouse.


Philip het ook onlangs sy verskyning begin maak, as die gevaarlike “Niel van Wyk” in 7de Laan - “Chris Welman” se prokereur en beste vriend (gespeel deur David Rees wat ook Philip se goeie vriend en EGOLI almamater van destyds is.)


Dis `n lekker goedvoel belewenis vir jonk en oud.


Deure open 18h30, vertoning begin 20h00


Kontant kroeg, heerlike etes, Illy koffie en varsgebakte koek te koop beskikbaar!