JOHNNIE TAKBOK
Sat Jul 8, 18:30 - Sat Jul 8, 23:00
Blohmhuis Teater
ABOUT
“Johnnie Takbok" is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, sy musiek word geïnspireer deur temas van patriotisme, boer, emosie, inspirasie en vermaak.
Sy musiek is 'n mengsel van "folk" en "Country Rock" en word beïnvloed deur kunstenaars soos: Jan Blohm, Gian Groen, Valiant Swart, Robbie Wessels, Foo Fighters, Dire Straits, Benjamin Todd, Uncle Lucius, Chris Stapleton en Colter Wall.
Hy skryf al vir die laaste 18 jaar sy eie liedjies en sy doel is om 'n selfonderhoudende kunstenaar te wees, met 'n paar top treffers onder sy belt.
Hy beoog om hoop en inspirasie aan sy luisteraars te bring en 'n werklike konneksie met hulle te maak, ook streef hy daarna om altyd nederig te bly.
Johnnie Takbok het al by verskeie feeste en "Biker Rallies" opgetree, soos: Die Pretoria Fees, Die Tekkie Fees, Die Glimlag Fees, Dome Rally en Die Vaaldam Rally.
Hy het ook al vertonings gehad by: Lulu's Pub, Jan se Skuld, Die Veiling, The Bar with No Name, Sinkshack, Buffalo Grill en nog meer.
Deure open 18h30, vertoning begin 20h00
Kontantkroeg
Etes beskikbaar, asook heerlike Illy koffie en varsgebakte koek!