No under 13s

Siel(lose)kunde: 'n Nuwe Rillerkomedie-Musiekblyspel (Nova Arts Festival for New, Young and Original Theatre @ Centurion Teater)

Mon Jul 10, 19:30 - Thu Jul 13, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Siel(lose)kunde

‘n nuwe Rillerkomedie-musiekblyspel van vreesagtige proporsies!

Met musiek deur Meatloaf, Duran Duran, ABBA, Nina Simone, Gé Korsten, Stephen Sondheim, Nino Rota, Max Steiner en Rob Rokicki


Partykeer is dit nodig vir ‘n weerwolf om te praat oor haar gevoelens, en Dokter Lugosi is net die Zombie om te luister. Dalk leer ons dat Vegan Vampiere sensitief kan wees, en ons kan saam wonder of Frankie dalk te ver gaan vir liefde? Kan ‘n mens ooit te ver gaan vir liefde of is alles net subjektief?


Wie is ek?…Hoekom is ek hier?...Wat is die betekenis van die lewe? Is ek ‘n Monster of net moody?


Meeste van hierdie vrae gaan NIE in  Siel(lose)kunde beantwoord word nie, maar dit gaan jou dalk net laat giggel. Kom luister saam met Dr Bela Lugosi na die probleme van die kriature van die nag, en onthou altyd…Jy Is Nie ‘n Monster Nie, of is jy…?


Aangebied as deel van die 'Nova Arts Festival for New, Young and Original Theatre 2023'

 

Oorspronklike teks deur Edith Fumarola

Verwerk deur Chané-Louise Bornman, Marlon Rossouw, Rix Haji-Loucas, Luigia Casaleggio

Oorspronklike lirieke deur Luigia Casaleggio

Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe

Musikale Regie: Luigia Casaleggio

Verhoogbestuur: Lian Sachse

Vervaardig deur Centurion Teater en Scenario College


Tydsduur: 75min

Ouderdomsbeperking: 13PG L






DIRECTIONS

Siel(lose)kunde: 'n Nuwe Rillerkomedie-Musiekblyspel (Nova Arts Festival for New, Young and Original Theatre @ Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions