Kwansuis kreatief en die Vloek daarby
Thu Jul 27, 20:00 - Thu Jul 27, 20:50
Adam Small Theatre Complex, Stellenbosch
ABOUT
Donkerkomedie OB 13 | Taal
Geskryf deur Nichola Viviers
Regisseur Nichola Viviers
Verhoogbestuurder Simone Ras
Assistentverhoogbestuurder Carla Hugo
Met Mila de Villiers; Julia Marone; Zara van der Westhuizen
Christie en Lenka, dramastudente op sluitskof by die derdebeste middelklas Stellenbosrestaurant, is vasgevang in kreatiewe komplikasie.
Tót die verrassende verskyning van kwansuise kreatiewe oorsprong: 'n verbitterde, ewigdurige, eens-gewilde aktrise met ‘n verlede in die teaterwêreld.
Met onverwagse en goddelike inspirasie aan hul sy, vertrek Christie en Lenka op ‘n reis van verbeelding, die kettings van kreatiewe komplikasie vergete in die ekstase van pure innovasie.
Maar kreatiwiteit dra ook ‘n vloek: Wanneer is drome eenvoudig net té groot?