Tongvisse, tale en gedigte wat lewe
Tue Oct 10, 12:00 - Tue Oct 10, 13:00
Victoria Hub: Raadsaal
ABOUT
Anton Kannemeyer gesels met Diek Grobler wat hom met sy poësie-animasie bevind in ’n klein, uitgelese geselskap waar daar feeste gehou word wat spesifiek op poësieprente gemik is! Sy en die harp-speler Anne van Schothorst se animasie-weergawe van ’n Antjie Krog-gedig, Transparant van die tongvis, was verlede jaar in die eindronde van ’n internasionale kompetisie in Italië, terwyl Laaste woord vir vanjaar se Sjanghai-filmfees gekies is. ’n Aparte vertoning van al Grobler se poësiefilms, gegrond op gedigte deur onder andere Breyten Breytenbach, Ronelda S. Kamfer, Danie Marais en Martjie Bosman wys ook deur die week.