Anchien Troskie en Helene de Kock
Mon Oct 9, 10:30 - Mon Oct 9, 11:30
Victoria Hub: Gesprekslokaal
ABOUT
Aangebied deur Human & Rousseau
Twee topverkopers vertel vir Susan Booyens van hulle jongste boeke en hoe skryf soms terapie word. Anchien Troskie het as Elbie Lötter die opspraakwekkende Dis ek, Anna geskryf. In Die laaste kanariegeel notaboek word die bloedjong Mia Steyn een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein afgelaai, maar dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel binnestap dat sy besef dis waar haar plek is. In Diana se dag deur Helene de Kock speel die storie af op die spogwynlandgoed Soeterwijn, waar ’n jong vrouewynmaker die las van ’n skande erf waaraan sy geen skuld het nie.