Caledon Canola Run 2023
Sat Sep 2, 07:00 - Sat Sep 2, 15:00
Lemoenskop Plaas, Caledon, South Africa
ABOUT
Belangrik: Slegs tweewiel motorfietse word toegelaat.
Kaartfasiliteite
Kaartfasiliteite sal met beperking beskikbaar wees, so bring genoeg kontant saam vir aankope.
Registrasie en vertrekpunt
Die registrasie en vertrekpunt is by plaas Lemoenskop, ongeveer 5km buite Caledon rigting Kaapstad.
Maak seker dat die bewys van Quicket registrasie saamgebring word vir registrasie.
Klik hier vir die pin location
Program
Registrasie 7h30 - 8h30
Briefing 8h30
Vertrek 9h00
Ete
'n Biefburger en chips word aangebied as ete. Dit is ingesluit by elke ryer se kaartjie en kan apart ook gekoop word.
Neem kennis
Roete is ±85km met 'n stop in die middel.
Maak seker dat jou motorfiets se reikafstand voldoende is vir die roetes.
Sorg vir jou eie brandstof omdat geen ekstra brandstof voorsien of verkoop gaan word nie.
Daar sal wel geleendheid wees vir vervoer van brandstof in eie houers na die middelpunt.
CALEDON CANOLA RUN 2023
2 September 2023
Dit is jaarliks 'n wonderlike geleentheid wat deur motorfietsryers van heinde en verre kom geniet word.
Ryers kry die geleentheid om die pragtige
natuurskoon van die Overberg te kom geniet, om op andersins ontoeganklike
privaat grondpaaie te kom ry en om die Overbergse gasvryheid te geniet.
Dit is belangrik om daarop te let
dat dit nie 'n resies is nie, maar wel
'n pretrit vir dubbeldoel en endure motorfietse.
Alle fondse wat ingesamel word deur die organiseerders,
word weer net so in die gemeenskap
aan verdienstelike gevalle en projekte teruggeploeg.
Vir navrae, kontak canolarun@gmail.com
of facebook Caledon Canola Run