Marius Weyers: 'n Lewe
Mon Oct 9, 15:00 - Mon Oct 9, 16:00
Victoria Hub: Gesprekslokaal
ABOUT
Aangebied deur Protea Boekhuis
Katinka Heyns gesels met Chris Vorster oor Marius Weyers, Chris se splinternuwe biografie van ’n akteur wat diep spore in ons vermaaklikheidswêreld getrap het en met wie hy – en veral Katinka – al ’n lang pad loop. Marius wou nooit ja sê vir ’n biografie nie – sy verweer was altyd “die tyd is nie reg nie”. Maar Chris kon hom uiteindelik ompraat. Die eindproduk is ’n intieme blik op ’n omvangryke loopbaan en ’n lewe gelééf. Marius maak oop oor die uitdagings en sukses, maar ook tye van groot alleenheid en moedeloosheid. Hy vertel snaakse staaltjies van hoe erg dinge kon skeefloop, en onthou die mentors op sy pad. Deur al die stories heen loop daar egter ’n goue draad: die liefdesverhaal van Marius en sy vrou, die beeldhouer Evette wat onlangs oorlede is.