Diensplig – waarom stotter ons pa’s so?

Sat Sep 2, 09:00 - Sat Sep 2, 10:00

Oppitoneel by Nagkantoor

ABOUT

Boekbespreking

Gesprekleier: Susan Booyens


“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”


Anelia Heese hervertel in dié boek die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe.


Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag. Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is.


In die boekbespreking gaan Susan Booyens – soos die skrywer Anelia – soms ongemaklike vrae om te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien. 

DIRECTIONS

Diensplig – waarom stotter ons pa’s so?
Oppitoneel by Nagkantoor
Kantoor St, Kaapschehoop, 1209
Get Directions