Deur die Vuur
Sat Sep 2, 10:30 - Sat Sep 2, 11:30
Oppitoneel by Nagkantoor
ABOUT
Alita Steenkamp
Gesprekleier: Annemarie van der Walt ?
Deur die vuur is meer as ’n jeugverhaal.
Simon Spies se boetedoening en straf nadat hy en van sy maats net voor ’n Julie-vakansie uit die skool geskors word, is om vir ’n vakansie op ’n perdeplaas te moet gaan werk. Hy haat perde, en sy ma weet dit is die ergste straf wat sy hom kon oplê.
Op Brumbie’s Cove leer ken hy ’n perdefluisteraar, ’n meisiekind wat onverstaanbaar lief is vir die simpel perde, en Avik, die vosperd met die ster op die voorkop en die donkerbruin oë wat altyd so diep kyk.
Maar dan begin die wêreld om Brumbie’s Cove brand. Hoe gaan almal deur die vuur kom?
Alita Steenkamp is ? vryskutjoernalis en -skrywer van Kaapsehoop. Uit haar pen is onder meer die biografieë My pyn, my glorie - die storie van Hestrie Cloete-Els, Onsinkbaar - Loui Fish se verhaal, Mathys Roets se Steeds Mathys, en Wit Wolf – Die storie van die Worcester bomplanter se bevryding. Deur die Vuur is haar eerste jeugroman.