Die digter gesprek

Sat Sep 2, 17:00 - Sat Sep 2, 18:00

Kapel by Silver Mist Gastehuis

ABOUT

Johan Myburg (Narreskip) en Tom Dreyer (Nou in infrarooi)


’n Gesprek tussen denkende digters.


Johan Myburg se Narreskip is in 2020 bekroon met die Hertzogprys en dié bundel word deur Louis Esterhuizen beskryf as: “Nog selde het ek ? versameling gedigte teëgekom wat so volgehoue en voluit op satire ingestel is ... Bykans die totaliteit van menswees en menslike prestasie word in hierdie gedigte voor stok gekry: van die klassieke skrywers en mitologieë, tot die hedendaagse; so ook die visuele kunste en musiek.”


Tom Dreyer, bekroonde skrywer, se debuutdigbundel Nou in Infrarooi verweef fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde.