Onbeskryflike Genade
Sun Sep 3, 10:00 - Sun Sep 3, 11:00
Oppitoneel by Nagkantoor
ABOUT
Stefaans Coetzee
Gesprekleier: Dana Snyman
“Ek is Stefaans Coetzee. Ek is ’n kind van God. Ek is ’n man en ’n pa. Ek is nie my verlede nie.”
Stefaans Coetzee is ’n omroeper, boekresensent, pa en man. Hy het ook ’n donker verlede, wat vier mense se dood veroorsaak het. Daarna het hy boete gedoen vir sy dade.
Hierdie is sy storie, van ’n dronk pa, donker kinderhuisjare en die begeerte om te behoort wat hom in die tronk laat beland. Dit is die verhaal van hunkering na ’n lewensmaat, ’n kind en ’n nuwe begin, los van sy gru-verlede. In Julie 2015 word hy op parool vrygelaat nadat hy 18 jaar tronkstraf uitgedien het. Sy fisieke én geestelike bevryding tref ’n mens.
Stefaans weier om deur daardie onvergeeflike daad gedefinieer te word. Hy is meer as sy verlede. Hy is ’n nuwe mens, ’n pa vir sy seuns, ’n man vir sy vrou en ’n boekliefhebber, en ’n aktivis vir versoening, geregtigheid en restitusie.