Hartenbos Craftbier & Wynfees
Sat Nov 26, 08:00 - Sat Nov 26, 23:45
ATKV Hartenbos Amfiteater
ABOUT
Hartenbos Craftbier & Wynfees 2016Dit is slegs bietjie meer as ‘n week tot die eerste Hartenbos Craftbier en Wynfees ten bate van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Mosselbaai. Hierdie nuwe fees word gehou op Saterdag, 26 November 2016 op die gronde van die ATKV Amfiteater Hartenbos.
Hoewel hierdie die eerste jaar van die fees is het dit reeds belangstelling by talle opgewonde feesgangers gekweek wat die geleentheid vir niks sal misloop nie.
Hartenbos Fees 2016Die Hartenbos Craftbier en Wynfees bied ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite aan met iets vir oud en jonk. Dit is die perfekte familie fees met volop kindervermaak wat wissel van springkastele, gesigverf, balon kunstenaar, skattejag, inkleurkompetisies en vele meer! Vir volwassenes bied die fees ‘n bier- en wyn tent met van ons land se top craftbier en wyne beskikbaar.
CrossFit Mosselbaai bied ‘n kompetisie aan ten tye van die fees en Glenhoff gaan ‘n opwindende “Beer Pong” kompetisie hê.
Campworld Safari Center bied ’n opwindende 4×4 skattejag aan en Bennie Durand by Campworld kan vir meer inligting gekontak word.
Met Kersfees oor minder as ‘n maand van die fees as, is dit dan ook die perfekte tyd om geskenke by die vele stalletjies aan te skaf. Sou jy nog wou betrokke raak en ‘n stalletjie bespreek, kontak gerus vandag nog vir Anthonette by 072 630 2594.
Die hoogtepunt van die fees begin omstreek 19h30, ‘n optrede deur Blomtrein met Jan Blom en Niel Nachtrein! ‘n Tradisionele Duitse ete bestaande uit eisbein, bradkartoffeln en sauerkraut asook ‘n hoender opsie sal beskikbaar wees. Peuselpakkies (lekkernye soos kaas, olywe, biltong en meer) sal te koop wees tydens die optrede. Daar sal ook kindervermaak deur die loop van die aand wees.
Kaartjies is beskikbaar by 3@1 Mosselbaai in die Langeberg Mall Mosselbaai of by die organiseerders: Pieter Erasmus Snr – 082 571 2947 – [email protected] of Pieter Erasmus Jnr – 079 665 2908 – [email protected].
Toegang tot Amfiteater met verskeie stalletjies en aktiwiteite gratis
Kindervermaak – R50 per kind vir die dag (sluit toesig en verskeie aktiwiteite in)
Bier Tent – toegang R50 p.p sluit bier-/ wynbeker in & ‘n bier of glas wyn Blomtrein Vertoning – R100 p.p (slegs vertoning) Blomtrein Vertoning met ete – R 150 p.p
Golden Circle Kaartjie met ete – R 200 p.p
Die Craftbier en Wynfees beloof om ‘n heerlike dag vol opwinding en vermaak te wees vir die hele gesin! Moet dit nie misloop nie.