PRG Music Festival | PRG Musiekfees
Wed Oct 25, 19:00 - Thu Oct 26, 22:00
Stellenbosch Town Hall
ABOUT
PAUL ROOS GIMNASIUM MUSIEKFEES – 25 en 26 Oktober 2023
“We’re born with millions of little lights shining in the dark and they show us the way....” (Passenger)
Tyd: 19:00
Plek: Stadsaal, Stellenbosch
Gaskunstenaars: Brandon October, Anna Davel
Deelnemers: Paul Roos Koor, Sanggroep, Simfonie-orkes, Orkes en Massakoor, Eikestad Laerskool
Musiekverwerkings: Stephan Bezuidenhout, Cezarre Strydom, Lucas Heinen
Vervaardiger: Tale Be Told Productions
Kaartjieprys: R175 (Volwassenes) R100 (Onder 18)
_____________________________________________________________________
The Paul Roos Gymnasium Music Festival is a cultural highlight on the school’s calendar every year. After the incredible success of the musical – The Addams Family (a collaboration between PRG and the SU Drama Department in August) – the Paul Roos community can most definitely rely on yet another spectacular concert. As with previous years, Atterbury Property remains a proud sponsor of the PRG Music Festival. The school is excited to announce that the Music Festival will also be receiving support from PRG's main culture sponsor X-Chequer Fund Management and supporting sponsors FNB and Fledge Capital. The expansion of corporate investment in PRG Culture is a clear indication of the continuous high-quality work delivered by the school’s theatre and music departments.
Musiekfees-aanhangers weet dat Paul Roos altyd geniet om saam met gevestigde kunstenaars te werk. In vorige jare het Paul Roos se musikante en sangers die verhoog met onder andere Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Corlea Botha gedeel. Vanjaar is Brandon October en Anna Davel die gaskunstenaars. Brandon October vestig hom internasionaal en plaaslik as ? formidabele sielvolle sanger en komponis. Met sy unieke stem en warm verhoogpersoonlikheid deel hoogaangeskrewe musikante en sangers, soos Anna Davel, graag die verhoog met hom. Op haar beurt boei, vermaak en betower, die pragtige Anna Davel, al vir 21 jaar, haar gehoor en aanhangers met haar ongeëwenaarde fluweel stem.
Op 25 en 26 Oktober tree hulle saam met die veel bekroonde Paul Roos Gimnasium Sanggroep en -Koor, ? 50-stuk simfonie-orkes, die orkes en massakoor van meer as 500 leerders op. Eikestad Laerskool vorm ook deel van dié konsert. Hierdie opwindende ensemble met hul program propvol uitmuntende musiek, beloof om gehore sprakeloos te laat.