Die Wyn Show: A Cheesy Experience! (Die Kelder @ Centurion Teater)
Thu Oct 26, 19:00 - Fri Oct 27, 22:00
Die Kelder @ Centurion Teater
ABOUT

Die Cheesy Wyn Show!
With the CHEESIEST, top-class
Comedy & Entertainment from
RiRi ROUGE
"Come, relax and take it CHEESY!
It’s gonna be a GOUDA night!
Don’t miss this GRATE evening!
Die populêre TREFFER-geleentheid! Bespreek betyds! Kaartjies verkoop gou weens besonderse aavraag! Beperkte plekke beskikbaar.
KAAS! Wie hou nie van kaas nie!? Sit wyn daarby en dis die perfekte kombinasie vir die perfekte aand! Die Wyn Show se tema is hiérdie keer KAAS! LIVE en UNIEKE vermaak deur 'n top-klas, drag-performer RIRI ROUGE, kaas-inspireerde ete én WYN proe!
DIE WYN SHOW is ‘n treffer-geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns met ‘n tema. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ligte vier-gereg ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?
As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.
Kaartjies: R330.00 pp (Insluitend Wynproe, Ete en Vermaak)
Datums: Donderdag en Vrydag, 26 & 27 Okt 2023
Tema: Die CHEESY Wyn Show
Tyd: 19h00 vir 19h30
Plek: Die Kelder @ Centurion Teater
Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.
Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.
Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.
Geen onder 18’s.