No under 18s

VOLK - Twak In Die Sak

Thu Dec 7, 19:30 - Thu Dec 7, 20:25

Toneelhuis

ABOUT

“Almal soek ’n storie. Almal stook ’n vuur. Ek sit en rook ’n rollie. Sigarette is duur. Die internet is vol. Ons ouers praat oor zol. Die lewe is ’n empty bar en ek mis die jol.”

Dis die openings lirieke van die nuwe enkelsnit genaamd “Twak In Die Sak” deur alternatiewe Afrikaanse groep, VOLK wat op 7 Desember 2023 by die Kaapstad Toneelhuis vrygestel word.

VOLK het ontstaan uit Frank Freeman (EET KREEF!, Arno Carstens, Neil Sandilands, Francois van Coke en meer) se behoefte om musiek in Afrikaans uit te bring wat hy wens bestaan het, maar dit doen nie.

Frank Freeman (hoofsanger & kitaar), Mika Burger (bass) en Dillon Myburgh (dromme) vorm ’n trio wat ’n klank oplewer wat in die vlees moet ervaar word om ten volle te begryp. Die twee enkelsnitte wat vrygestel word genaamd “Twak In Die Sak” en “Baby Fourie” sal ook opgevoer word in dieselfde manier wat hulle opgeneem was. 100% live in ’n kamer. “Dit gaan ’n spesiale aand wees om hierdie musiek vir die eerste keer in ’n plek soos Kaapstad te speel. Ek woon al vir 11 jaar lank hier, maar ek het nog nooit ’n show in die stad gespeel waar ek eksklusief my oorspronklike Afrikaanse materiaal vir VOLK doen nie. Ons sien geweldig uit. Dit gaan veral vir my spesiaal wees.” Frank Freeman.


Die laatste “First Thursday” van die jaar. 7 Desember 2023 by die Kaapstad Toneelhuis.

19:00 is daar gratis Fokof Lager beskikbaar op die dak van die gebou in Shortmarket St en die vertoning begin om 19:30. 

DIRECTIONS

VOLK - Twak In Die Sak
Toneelhuis
55, Commerce House, 601B Shortmarket St, CBD, Cape Town, 8001
Get Directions