Family friendly

Klein Afrikaans Met Blinkruiter & Die See

Sat Nov 11, 19:00 - Sat Nov 11, 22:00

Jarr Bar @ Padlangs

ABOUT

Klein Afrikaans Met Blinkruiter & Die See


Datum: 11 November 2023

Tyd: Vanaf 7PM

Kaartjies: R60 Per Persoon

Tafel Bespreekings: 069 306 4348


KleinAfrikaans hoort aan almal. KleinAfrikaans n is n ode aan die legio vriende en vreemdelinge wat Afrikaans pal eien en sagkuns laat voortleef. KleinAfrikaans is die sagte taal van die krake, kreukels en ongesweepte hoekies waarsonder geen fondasie n menslike geskiedenis kan hê nie. KleinAfrikaans hunker nie na bestaansreg en koester ook geen trotse drogbeelde nie. KleinAfrikaans is die taal van die kombuis, die slaapkamer, die spens die speelgrond en die onderbewussyn. KleinAfrikaans is nooit afgunstig nie, maar wel wulps, permissief en altyd gereed vir lekker lepellê. KleinAfrikaans is n lostong skelm, die appel en die slang wat alles uitlap en dit oral loop fyntjies borduur soos goue staaltjies op n janniemandslandvlag. KleinAfrikaans is parmantig astrant en eet skouspelagtige tierlantyntjies en fopskyn silwer voerings vir brêkvis op. KleinAfrikaans is die groot jôl sonder die agterbakse doodsdryf van kultuur en ordentlikheid. KleinAfrikaans is die brose murmurering van die menigte wat bly spartel en woed onder die juk van die groot Een - die selfde, die besitters en vuurspoeg-beskermers wat ons elkeen n reuse wolkkasteel wil verruil vir n klein plekkie onder die son. Geen droë dokument of lugdigte argief sal KleinAfrikaans ooit vashou, vroom vang en beveilig nie. KleinAfrikaans sal bly leef omdat dit voortseil, wapper en woed sonder n kaptein, koers of kaart. Dis die vierde spookskip wat land, brand en poegaai kraai nog voor iedereen sy voete durf vind. KleinAfrikaans groei uit die grond, die land, die grense, gewere en geraamtemense wat nog voor ons hier was en na ons nog sal terugkyk. KleinAfrikaans is gebore uit die klanke, stemme en stories van mense soos Eugene Marais, André Brink; Etienne Le Roux, die Briel Susters, Elisabeth Eybers Ingrid Jonker, Adam Small, Koos Du Plessis, Laurika Rauch, Johannes Kerkorrel, David Kramer, Koos Kombuis, Koos Du Plessis, Paul Riekert, Antjie Krog, Ingriod Jonker, Piet Botha en Anton Goosen onder meer.