Kersfees In Die Bos
Mon Dec 25, 11:00 - Mon Dec 25, 17:00
Bosvelder Restaurant
ABOUT
Ons is baie geseend om weer n regte familie Buffet ete soos ouma & oupa , hier by ons te kan aanbied. Ons is opgewonde om julle elkeen se dag spesiaal te kan maak met lekker kos en gesellige atmosfeer. Van Oxtail, Afval, Beef roast, Hoender lewer, Slaai tafel, Pampoen koekies, Malva pudding, Melktert, en soveel meer. Kom geniet die fees maaltyd saam ons hier by Die Bosvelder.
(Geen terugbetaling op kaartjie kope)
OOR DIE BOSVELDER
Welkom by BOSVELDER
Trots Afrikaans!!!
Die Bosvelder Pub & Restaurant het die afgelope 27 jaar die harte en smaak van restaurantgangers verower met hul geïnspireerde liefde vir "boerekos" en kultuur.
- Op soek na beesstert of melktert? Hier is 'n goeie begin!
- Het jy 'n voorliefde vir afval? Kom verdien jou strepe!
- Droom jy van koeksisters en hoenderpastei? Ons pryse is laag, ons standaarde is hoog!
- Ons het n lapa vir alle privaat funksies.
Hier by die Bosvelder het ons 'n missie - om elke gas te bedank met uitstekende diens en heerlike boerekos teen pryse wat u begroting nie kan opdoen nie.