Bonjour Monsieur Brel - Jannie Du Toit
Mon Dec 11, 18:30 - Mon Dec 11, 21:00
NG Kerk Onrusrivier
ABOUT
Bonjour Monsieur Brel
’n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
(In Afrikaans, Frans, Engels, Nederlands)
Jacques Brel: Alle musiek en Franse tekste
Tjello: Susan Mouton
Klavier en akkordeon: Chanie Jonker
Juanita Swanepoel: Samestelling en bindtekste
Clinton Zerf, Matthys Maree: Musiekverwerkings
Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: Afrikaanse vertalings en teksversorging
In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom in die vertoning na vore en is soos alle groot kuns, tydloos.
Datum: 11 Desember 2023
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: NG Kerk Onrusrivier (Hermanus)
Prys: R150 per persoon
Kaartjies:
- Skakel, SMS, of WhatsApp 074 259 5017
- Epos [email protected]
- Bespreek aanlyn by https://www.quicket.co.za/events/242301-bonjour-monsieur-brel-jannie-du-toit/
- Kontak/besoek NG Kerk Onrusrivier (venue-kantoor)