Rooksein - De Dekke Restaurant Groot-Brakrivier
Mon Dec 18, 20:00 - Mon Dec 18, 23:00
De Dekke Restaurant
ABOUT
Vir die 1ste keer ooit tree Rooksein by De Dekke restaurant op langs aan die Groot-Brakrivier!!
Hierdie trio bestaan uit die talentvolle Megan Danner, Renier van der Westhuizen en Dian Maritz. Die groep was gestig in 2018 toe hulle as studente mekaar ontmoet het op die NWU Potchefstroom campus. Van daar af het hulle nog nie weer terug gekyk nie en het al 'n klomp enkelsnitte vrygestel onder Universal Musiek soos "Kyk na my hart", "Damlelielief", "Genade Nader" en vele meer. Hulle liedjie "Kyk na my hart" het die gesogde RISA Gesertifiseerde Platinum toekening ontvang en "Damlelielief" het Goue status bereik. Die passie vir musiek van hierdie 3 individue is onbeskryflik groot en hulle sien baie uit om dit met almal te deel Maandag die 18de Desember 2023.
Show inligting:
Maandag 18 Desember 2023
De Dekke is oop deur die loop van die dag vanaf 11am. Rooksein tree 20:00 op.
Kaartjies is R80 vir alle ouderdomsgroepe
KAARTJIES OOK BESKIKBAAR BY DIE DEUR
Geen eie kos of drank word toegelaat nie, alles is beskikbaar by die venue.
Vir meer inligting, kontak Dian: 082 306 5155
Ons sien uit om jullie daar te sien!