Family friendly

'n Aand saam Jakkie Louw (ten bate van SAACA) @ Die Centurion Teater

Wed Feb 7, 19:30 - Wed Feb 7, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Kom geniet 'n aand saam Jakkie Louw en sy grootste treffers en kleurvolle staltjies ten bate van SAACA (Southern African Animal Cancer Association)


Oudtshoorn-gebore Jakkie Louw is ’n dubbel Sama-genomineerde Suid Afrikaanse sanger.Sy huis staan vol toekenning soos beste nuwe 2006, beste msuiek video van Een miljoen woorde en die lys gaan aan.Na sy jare in Stellenbosh as B.Com student en pub sanger trek hy op na Gauteng en begin daar naam maak onder die studente van Johannesburg, Potchefstroom en veral Pretoria. Met liedjies soos Drie Pikkewyne , Voshaarnooi, Een Miljoen woorde, Die Hoender-song, Rum en Raspberry en nuwe treffers soos Plaashond, Doen jou bes en Gee my ’n bietjie country is hierdie immergroen sanger op almal se gunsteling-lys.


Jakkie se konsert is familie vriendelik, vol komedie en net heerlike goedvoel vermaak. Na 26-jaar in die musiekbedryf het sy liedjie “When Afrika smiles” die no.1 posisie op RSG verkry. Jakkie was ook al te sien in flieks soos Liefling, Susanna Van Biljon, Pretville en Die spook van Uniondale. As jy een kunstenaar hierdie jaar gaan sien optree is Jakkie Louw die regte man. Sy konsert bied top klas vermaak vir die hele gesin en sal verseker ’n glimlag op jou gesig sit.

DIRECTIONS

'n Aand saam Jakkie Louw (ten bate van SAACA) @ Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions