Routrip met Elzabé Zietsman (@ Die Centurion Teater)
Fri Feb 23, 19:30 - Fri Feb 23, 20:45
Die Centurion Teater
ABOUT
Routrip is ‘n splinternuwe eenvrou toneelstuk uit die pen van Johann Slabbert, vertolk deur Elzabé Zietsman.
"Edgy and Funny!" - INK - US Woordfees!
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos.
Met: Elzabé Zietsman
Vervaardiger: Drama Drama
Regie: Maralin Vanrenen
Skrywer: Johann Slabbert
Klankbaan: Coenie de Villiers