Rolex met 'n K - met André Lotter en Ignatius van Heerden (@ Die Centurion Teater)
Sat Feb 10, 15:00 - Sat Feb 10, 20:15
Die Centurion Teater
ABOUT
ROLEX MET 'N K
met André Lotter en Ignatius van Heerden
'n Skreeusnaakse 'Whodunnit?' verhaal!
Saterdag, 10 Feb 2024
15h00 (Heerlike Middagvertoning)
R180
Speurder-sersant Wihan Byleveld ondersoek 'n buitengewone juweelrooftog.
Die horlosie wat gebuit is, is 'n Rolex, maar nie net nog 'n Rolex nie. Een van net 10 in die wëreld wat met 'n k gespel word en wat deur 'n berugte meestervervalser op eksklusiewe internetveilings verkoop word. Die speurder se ondersoek lei hom na Jean du Randt, die plaasseun met 'n geheim, Louis-Louise LeBonn, die pierewaaier-fopdosser, en Leksie Pieterse, die prentjiemooi en betowerende winkelassistent by die juwelier. Wie is die skuldige of is daar 'n ander vangplek? Hierdie is die een "whodunnit" wat jou gaan laat skater en aan die raai hou. Dit is een van daardie produksies wat jy nie moet misloop nie!
Met André Lotter & Ignatius van Heerden
Teks: Braam van der Vyver
Regisseur: Lihan Pretorius
Assistent-regisseur: Johan van der Merwe.
Ondersteun deur Naspers