Family friendly

'n Blom in Elke Vrou

Fri Nov 15, 18:00 - Fri Nov 15, 21:00

George Museum

ABOUT

Vrydag 15de November 2024 om 18h00 is die openingsaand van die wonderlike uitstalling wat die Desember seisoen die SCAVA uitstalling is vir 2024/2025 getiteld "'n Blom in Elke Vrou".


Petronel Baard & haar orkes onder leiding van Franco Engelbrecht | lede van die Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van Jan-Erik Swart | SCAVA lede Kuns Uitstalling van inheemse plantegroei in somer, winter, herfs of lente.


Sluit by ons aan hierdie aand om die kuns te besigtig en geniet die prag produksie van Petronel Baard, haar orkes onder leiding van Franco Engelbrecht asook ede van die Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, alles in samewerrking met SCAVA in die Sayer Ouditorium van die George Museum.


‘N BLOM IN ELKE VROU is 'n verhoogproduksie uit die pen van Petronel Baard wat gehore op hul voete gehad het in 2023 by die KKNK en Woordfees in Stellenbosch. Dit is 'n lig klassieke, digterlike reis deur die vier seisoene wat aan die hand van inheemse plantegroei ons identiteit in Afrika ondersoek.


Daar is 'n Blom in elk van ons en dit verdien al die sorg in die heelal. Die vertoning verwys ook na ons innerlike reis en seisoene.


SCAVA Kunstenaars sal kuns uitstal van inheemse plantegroei & landskap in enige van die vier seisoenale katogorië:

Somer / Herfs / Winter / Lente.

Koop jou kaartjie teen R220pp.

Kaartjie prys sluit ligte maaltyd in.

DIRECTIONS

'n Blom in Elke Vrou
George Museum
9 Courtenay St, Eastern Ext, George, 6529
Get Directions