Family friendly

Kok en die Lawwe Rot

Sat Mar 2, 11:00 - Sat Mar 2, 12:00

Wilge Teater (Inside Hoërskool Die Wilgers)

ABOUT

Kotie kok is in ‘n toestand, dit is die jaarlikse VlinderFlapper Fees en hy is oorval met bestellings virsjokolade koeke, vanilla koeke, arbei koeke en nou het kwaai Matrone nog ‘n bestelling ingesit vir ‘n honderdMickey Muis koekies ook! Hy sal Marietjie, sy assistant bakker se hulp moet inroep … ongelukkig vir Kotie Kokhet Marietjie erg verkoue…. Wat kan nog verkeerdgaan!? 

Kotie sal maar aan die werk moet spring en bak en broudeur die nag. Terwyl hy besig is om al die bestandele uitte pak, kom hy tot sy skok agter dat iemand gatjiesgeëet het in die suikersak! WAT!? Dit is die laaste strooi! 

Riekie rot sit natuurlik agter die gatjies in die suikersakmaar hierdie keer is Riekie nie die enigste stouter nie! Kom kyk wie daag almal op by Kotie Kok se koekwinkel! – 50 minute Vermaak vir die hele gesin.

 

Opvoedkundige temas in die vertoning – hoe hanteerons stress.

DIRECTIONS

Kok en die Lawwe Rot
Wilge Teater (Inside Hoërskool Die Wilgers)
8 Frank Rd, Die Wilgers, Pretoria, 0184
Get Directions