FREE OPTIONS

DIE VAN VUURENS VAT VLAM

Fri Mar 15, 15:00 - Fri Mar 15, 19:00

Wilge Teater (Inside Hoërskool Die Wilgers)

ABOUT

GRATIS VOORSKOU van die nuwe KKNK teater produksie, Die Van Vuurens Vat Vlam, met Lizz Meiring, David Kuduntwane en Cara Meiring.


Vervaardiger : Artist Warehouse 

Regie : Andre Odendaal 

Teks : Lizz Meiring 

Met : Lizz Meiring 

Cara Meiring 

David Kuduntwane 

Verhoogbestuur : Yvette Hanekom 

Beligtingsontwerp : Jak J Brits 

Kostuums : Hollywood Costumes 

Fungi : Waldo du Toit 

Choreografie : Wesley Lauder 

Komiese Mimiek sekwens : Choreografie : Craig Morris

Akrobatiese hulp : Ceylonia Bekker 

Plakkaat Ontwerp : Jak J Brits 


Diè rare donker komedie is ‘n vrolike en dikwels laserskerp verhaal van verskillende generasies se standpunte , foute en ambisies . Dis slimsnaaks oorspronklik en verassend. 


Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind , die jong wetenskap student - Bernadette van Vuuren bly intussen in haar townhouse, gratis en verniet. Maar sy moet natuurlik die plek versorg en netjies hou. Die Tante en-niggie -verhouding is maar plofbaar . Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ‘n bottel? Want nou bly haar komiese mimiek kunstenaar boyfriend , Flippie van Vuuren ; ook daar. Hy is deur ’n wit Afrikaanse gesin grootgemaak. Wanneer hy wel praat , praat hy Woordeboek Afrikaans en was ook in ’n Afrikaanse skool gewees. Sy van is heel toevallig ook Van Vuuren, alhoewel die gesin by wie hy grootgeword het geen familiebande met die eiewys Sterna van Vuuren of Bernadette het nie . Dankie tog , want volgens oorlewering het Sterna en Bernadette se tak van die Van Vuurens ; ‘n baie rare familiekwaal . Een wat bykans ongelooflik is en waarvoor daar geen verklaring is nie . En tog gebeur dit wêreldwyd. Soms . Sterna van Vuuren daag onverwags op . Intussen het Bernadette en Flippie haar townhouse in ‘n eienaardige spasie verander . Want diè twee het rare toekomsdrome. 


Gaan die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur aanblaas?

DIRECTIONS

DIE VAN VUURENS VAT VLAM
Wilge Teater (Inside Hoërskool Die Wilgers)
8 Frank Rd, Die Wilgers, Pretoria, 0184
Get Directions