Family friendly

SARIE Kersfeesetes 2024 aangebied deur Today

Wed Nov 20, 19:00 - Sun Nov 24, 19:00

Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum

ABOUT

By dié etes eet ons nie net nie – ons beleef dit! Dis ’n glinsterende item op ons feeskalender en ons wens elke leser kon daar wees om Herman se kos, die resepte, die geskenke, die drankies, die uitsig en samesyn te ervaar. 

Jy hoef maar net na ’n paar foto’s van verlede jaar se ervarings te kyk om te weet: Dit is ’n hoogtepunt van die jaar by SARIE! 

Kom geniet vanjaar se Kersfeesete-ervarings saam met SARIE en TODAY op Nasdak op die 26ste vloer van die Media24-sentrum in die middestad, met ’n 360°-uitsig op Kaapstad – ons is in die wolke om terug te wees in dié betowerende Nasdak Rooftop Venue. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing en die studente van die International Chef School (ICA), kook ’n vyfgangete spesiaal vir jou.

Robertson Winery sal seker maak dat daar nie ’n droë keel gaan wees nie. Net die beste gehalte produkte word uitgekies vir dié liplekker vyfgangmaaltyd, en Sparta Beef maak seker die beste snit word geniet. Biggi Springmielies, sorg vir ’n ekstra verrassing.


Moenie hierdie kans misloop nie – maak dit ook deel van jóú feeskalender. Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.


INGESLUIT BY DIE KERSFEESETE-ERVARING

-              Drankies van Robertson Winery

-              ’n Vyfgangfeesmaal PLUS al die resepte 

-              ’n Geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE

-              ’n Aand se samesyn saam met vriende en familie


Kontantkroeg vir hardehout beskikbaar.



DATUMS

Woensdag 20 November 19:00

Donderdag 21 November 19:00

Vrydag 22 November 19:00

Saterdag 23 November 18:00

Sondag 24 November 13:00


PLEK

Nasdak Rooftop Venue, 26ste verdieping, Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad


KAARTJIES

R795 per persoon, alles ingesluit.

Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]

DIRECTIONS

SARIE Kersfeesetes 2024 aangebied deur Today
Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum
40 Heerengracht St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8000
Get Directions