Family friendly

Komati Kuierfees

Sat Aug 10, 16:00 - Sun Aug 11, 00:00

Komatipoort Akademie

ABOUT

Die Komati Kuierfees is 'n onvergeetlike jaarlikse gebeurtenis.


Die jaar se fees skop af op Saterdag 10 Augustus 2024 by Komatipoort Akademie in Komatipoort, wees gereed vir 'n wonderlike aand gevul met lekker kos, pret en lewendige optredes deur Riaan Benade en Die Kontrak 2023-wenner Chris Steyn.


Daar sal verskeie kosstalletjies sowel as aktiwiteite beskikbaar wees vir die kinders.


Dit alles vir 'n goeie doel! - alle opbrengste gaan aan Komatipoort Akademie.


Bring jou familie en vriende, kampstoel en koelhouer. Kom geniet hierdie spesiale geleentheid saam met ons.


  • Parkering beskikbaar
  • Hekke open om 16:00
  • Kinders onder 3 jaar is gratis

Moenie die gesellige geleentheid misloop nie!



Deur 'n toegangskaartjie te koop stem ek hiermee in om die Komati Kuierfees en Komatipoort Akademie Skool, hul beamptes, direkteure, werknemers, agente en affiliasies te vrywaar en skadeloos te hou van enige en alle eise, aanspreeklikhede, skadevergoeding, uitgawes en verliese, insluitend redelike prokureursfooie, voortspruitend uit of voortspruitend uit enige voorvalle, ongelukke, beserings, of skade wat mag voorkom tydens my bywoning en/of deelname aan die Komati Kuierfees 2024 op 10 Augustus 2024 by Komatipoort Akademie Sportgronde, Komatipoort.

DIRECTIONS

Komati Kuierfees
Komatipoort Akademie
Communitty Hall, 4 Erf St, Komatiepoort, Komatipoort, 1340, South Africa
Get Directions