Delphi Fees

Sat Sep 7, 15:00 - Sat Sep 7, 23:59

Nederduitsch Hervormde Kerk Philadelphia

ABOUT

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Philadelphia het in September 2023 die eerste Delphi-Fees gehou, geïnspireer deur die Griekse term “Delphi,” wat die middelpunt van die heelal beteken. Die fees, met die slagspreuk “die middelpunt van Pretoria,” het 250 mense van alle ouderdomme bymekaar gebring en was ‘n groot sukses. Die Fees-komitee het besluit om die fees groter te maak en het die kernwaarde van die Delphi-Fees heroorweeg, geïnspireer deur die vroeë Christengemeentes wat Paulus en die Apostels gestig het. Hierdie gemeentes was nie net sentrums van Christendom nie, maar het die kern van die gemeenskapslewe gevorm. Die Fees-komitee wil hierdie jaar se fees gebruik om die geloofsgemeenskap te bou, waar mense kan kuier, lag, en in God se liefde kan deel. Die Delphi-Fees van 2024 sal op 7 September plaasvind met die slagspreuk “’n Middelpunt Makietie!” en streef daarna om ‘n plek van samehorigheid en veiligheid te wees.

DIRECTIONS

Delphi Fees
Nederduitsch Hervormde Kerk Philadelphia
127 Lunnon Rd, Hillcrest, Pretoria, 0083
Get Directions